
1. Villiera Brut Rosé - Droog met 45% Pinot, 15 Chardonnay en Pinotage
2. Simonsig Brut Rosé - Droog met 94% Pinotage en die res Pinot, met geure van roos en rooi bessies
3. Four Cousins Rosé - 'n billik gepryste wyn met tropiese vrugte, rosyntjies en sagte afsluiting. Versnyding van 35% druiwesap en 10% rooiwyn
4. Graca Rosé - 'n lae prys, aardse wyntjie vir praat, lag, drink en samesyn
5. Koelenhof - semi soet, beste waarde wyn
6. Goats do Roam Rosé - 'n vermenging van ses kultivars met effense hout. Gemaak om in die somer te geniet
7. Beyerskloof Pinotage Rosé - Vars vrugte maar droog, gemaak van Pinotage met 24 uur dop kontak
8. Lanzerac Pinotage Rosé - 'n ou klassieke staatmaker met aarbeie en framboos
9. Five Reserve Merlot - Vrugte, bessie en speserye
10. Mulderbosch Cabernet Sauvignon - Roosblare, aarbeie met 'n granaat nasmaak. Meer kompleks as die vorige wyne
11. Sylvanvale Cabernet Sauvignon 2004 - Een van die leiers in die nuwe vlaag van pienk wyne. Die vrug is verpak in 'n komplekse smaak wat oorloop in 'n goedgebalanseerde nasmaak.