Monday, December 17, 2012

Waterkloof Jaarafsluiting

Laaste kuier van 2012 vind plaas by Waterkloof restuarant, hoog teen die Somerset- heuwels.

Sunday, September 30, 2012

Blinde proe spele

Abrie en Susan reel 'n aangename (tog uitdagende) blinde proe. Ons proe eers in uitdunne en daarna word die wenners van die uitdunne teen mekaar geweeg in 'n finale uitproe teen tyd. Soos baie van ons verwag het wen Anneret die finaal en sodoende goud.

Elgin wegnaweek.

Reinhardt en Lizette reel ons jaarlikse wegnaweek in die nuwe (onbekende) wynstreek: Elgin. Ons besoek OakValley, Iona and Almenskerk. Ons proe uitstekende wyne (o.a. die Iona Sauvignon Blanc wat ons as een van die beste SB beskou in n lang tyd geproe), leer meer van die wynmaak filosofie van die streek en ontmoet die mense agter die wyne. Ons verblyf is in lekker gastehuise in die omgewing gereel, ons eet middag-ete in die berge by 'n plek Mofam ('n water-ski sentrum op die Palmiet rivier) en ons geniet aand-ete en afsluitings-ontbyt by Mac Daddy's.

Vergenoegd Proe

Die Wolfaardts reel 'n besonderse proe by Vergenoegd aangevul deur geregte voorberei deur bekende sjef Michael Israel.

Longridge wyne en canapes

Die Hofmeyers reel 'n besonderse proe by Longridge in die Helderberg. 

Daar word MCC Brut met aankomsgedrink en toe wyne geproe ge-pas met viergang canape's:  
1.  Jerusalem artichoke soup, Truffle foam; Chadonnay
2. Lamb curry, coriander, toasted sesame seeds; Merlot
3. Springbok fillet, butternut puree, port jus;  Shiraz
4. Blue cheese panacotta, apples, rocket, lime dressing; Edelgoud

Monday, May 21, 2012

Vertikale Cabernet Proe

Hendrik bied 'n vertikale wynproe aan van Cabernet Sauvignon wat oor drie dekades strek... met een "wild card". Die wyne wat geproe word is:
1. KWV 1988
2. Louisvale 1995
3. Uitkyk 1998
4. Fisantekraal 2005
5. Ilka 2006
6. Boekenhoutskloof ChocBlock 2010
Die aand word afgesluit met Nachos en Bruschetta's

Saturday, April 21, 2012

Johan Joubert van Kleine Zalze

Ons is bevoorreg om die wyne van Kleine Zalze te geniet aangebied deur Cape Guild Winemaker, Johan Joubert. Johan is een van die voorste wynmakers in die land (jongste wynmaker wat die Jan Smuts trofee verower het, en internasionale wynmaker van die jaar in 2001 (Rober Mondavi trofee). Sy wyne by Kleine Zalze het verskeie pryse gewen (mees onlangs vyf ster Platter).

Ons proe die volgende wyne:
1. Chenin Blanc 2012 - Tropiese vrugte, vars in die mond
2. Chenin Blanc Vineyard Select 2011 - Neut en vrugte, volmond smaak wat goed ontwikkel
3. Chenin Blanc Vineyard Select 2008 - Helder geel, Conjac karakter, kompleksiteit wat ontwikkel in die mond.
4. Sauvignon Blanc 2012 - Spanspek, appelliefie
5. Sauvignon Blanc Cellar Selection 2011 - Groen tint, vars vrugte (sitrus)
6. Sauvignon Blanc Family Reserve 2010 - Komplekse neus (aspersies), bottel-veroudering, fyn vrugte en suur goed gebalanseerd
7. SMV Vineyard Selection 2010 - Rooi vrugte en mocca - aangename wyn
8. Shiraz Vineyard Selection 2009 - Warm vrugte en leer, wonderlike mond-ontwikkeling
9. Shiraz Family Reserve 2007 - Ryk vrugte en speserye, "chewy" en volmond, 'n meesterstuk
10. Cabernet Sauvignon Cellar Selection 2010 - Cassis en vrugte met ferm tanniene
11. Cabernet Sauvignon Vinyard Selection 2009 - Warm karamel en sederhout, bessies, aantreklik in mond
12. Cabernet Sauvignon Family Reserve 2007 - Rooi met effense bruin rand, uiters komplekse aards met ryk bessies, baie goed gedefinieerde struktuur

Saturday, March 31, 2012

Wyne van onbekende lande

Hannes en Annelie stel ons bekend aan lande wat mens nie gewoonlik wyn van drink nie. Die vreemde wyne word ondersoek (en partykeer geniet), terwyl ons baie leer. Die aand word afgesluit met Kerrie en Rys.
Wyne van vier lande word geproe:
Switserland
1. Le Melomane (Riesling, Sylvaner en Pinot Blanc) - Sagte, blom-gegeurde wyn
2. Gottfried Keller Zurcher Klevner (Pinot Noir) - Teleurstellend
Morocco
1. Cuvee Premiere du President (Faranah en Clairette) - Sitrus en bloeisels
2. Domaine Ouled Thaleb de Siroua Syrah 2008 - 'n Baie billike Shiraz
Urugauy
1. By gebrek aan 'n wit wyn proe ons 'n uitstekende Chileense Chardonnay: Errazuriz Wild Ferment 2010
2. Don Pascual Reserve Tannat - Goeie voorbeeld van 'n moeilike wyn
Georgia
1. Pheasant's Tears Rkatsiteli (Rkatsiteli) - Baie vreemde kultivar, donker goud, baie droog, moeilik om te verstaan en waardeer
2. Satrapezo Saperavi (Saperavi) - Uit die Kakheti wynstreek. Baie aardse en komplekse wyn. Duidelik 'n goed gemaakte wyn maar baie ongbekend op die pallet.

MCC en Champagne Proe

Sam en Isobel het 'n voortreflike Valentine proe aangebied in 2007 en ons het nie gedink hulle kan daarop verbeter nie. Hierdie jaar word ons op MCC en Champagne's getrakteer met Sushi, Salm, Garnale en Aarbeie. Dit was waarlik 'n nuwe Valentine hoogtepunt. Die wyne wat geproe is, was die volgende:
1. Pongracz - pynappel en baie vrugte op die neus
2. Moet Chandon non vintage - Goeie balans en sitrus karakter
3. Jacques Bruére Blanc de Blanc - Fluweel neus, sitrus
4. Groot Constantia (Clos André) - Rosyntjies met goeie struktuur
5. Woolworths French Rosé  (Contessa Alexia) - Baie vars met appels en bessies op die neus
6. Graham Beck Rosé - Pomelo karakter
7. Moet Chandon (Rosé Imperial) - Vars met vrugte. Romerige "moose".

Friday, March 23, 2012

Babylonstoren afskop

Die jaar word afgeskop met 'n toer deur die groente-tuine van Babylonstoren. Daarna word die wynkelder besoek vir 'n kort proe.

Die geleentheid word afgesluit met 'n middag-ete met die vars bestandele wat op die plaas gegroei word en die plaaslike wyne.

Afsluiting: Jordan Wyne

Ons geniet 'n wonderlike program aangebied op hierdie besonderse plaaas. Die weer speel saam om vir ons die mooiste sonsondergang op die Stellenbosche berge te skilder.

Die aand begin met 'n kort wynproe en 'n toer deur die kelder. Ons leer van hoe die plaas omvorm is tot 'n werklike familie-plaas met bekende wyne wat oor die hele aardbol geniet word.

Daarna sit ons aan vir 'n vyfgang maal, uitstekend voorberei met wyne van die omgewing gepaar. Ons sluit 'n besonderse jaar af met vriende, goeie kos en wyn.