Tuesday, December 1, 2009

Lebanese Afsluiting

As daar een ding is wat ons in hierdie wynklub geleer het, is dat wyn orals in die wereld gedrink word. En verder as ons mense ontmoet wat wyn geniet, dan kan mens van hulle hou. Hierdie jaar is die afsluitingsfunksie aan huis van Geza and Ghenwa gehou. Ghenwa het ons gewys hoe Lebanese geregte voorberei word en daarna het ons dit geniet saam met gepaste Suid Afrikaanse wyne.

Ons is die aand laat daar weg met baie bevredigende herhinderinge. Ons het nuwe vriende gemaak en ou vriendskappe versterk.

Kultivar Vaardighede

Willem doen baie moeite en bied 'n uitstekende proe aan waar die klub uitgedaag word om nege kultivars te identifiseer. Meeste van die lede vaar besonders goed met heelwat wat agt reg kry en selfs 'n paar vol-punters!

Die wyne wat geproe word is as volg:

1. JC le Roux Sauv Blanc Vonkel - duidelike SB karakter
2. Bloemendal Semillon 2007 - Vrugte verpak in gladde room
3. Mooiplaas Chenin Blanc 2008 - Volmond tropies vrugte
4. Sir Lambert Sauvignon Blanc 2009 - Goeie struktuur met tipiese groenrissies en gras
5. La Motte Chardonnay 2007 - Sitrus, gis, neute opgeklits in botter-lekkerte
6. Mooiplaas Cabernet Sauvignon 2004 - Elegante wyn met lieflike Cab geure
7. Mooiplaas Pinotage 2005 - Pruimkarakter wat goed deur die eik ondersteun word
8. Mooiplaas Shiraz 2004 - Gerookte hout en speserye
9. Mooiplaas Merlot 2006 - Cassis en hout-ondersteunde kersie geure