Sunday, June 6, 2010

Bottelary Hills Wynsentrum

CN en Marlene tref reelings vir 'n leersame besoek aan die Bottelary Hills Wynsentrum waar ons meer leer oor nuwe tendense in witwyn versnyding in die Suid Afrikaanse wynbedryf. Ons proe ook die volgende wyne:
1. Simonsig Adelblanc 2009
2. Vergelegen White 2008
3. Adoro Naude White 2008
4. Sterhuis Astra White 2007
5. Joostenberg Fairhead 2008
6. Bellingham Fair maiden 2008
7. Rall White 2008
8. Lammershoek Roulette 2007
9. Sadie Palladius 2008

Mooiplaas belewenis!


Wat 'n belewenis om hierdie proe mee te maak. Die passie van die Roos-familie en hulle kennis van die omgewing en wyn-maak in besonders was duidelik deur die hele aand. Ons begin die proe met 'n rit na die hoogste punt van die plaas waar ons die son sien sak oor Robben eiland. Ons proe verskeie wyne en geniet daarna 'n tafel vol lekkernye terwyl ons lang stukke gesels.

Die wyne wat ons geproe het was:
1. Chenin Blanc 2009
2. Sauvignon Blanc 2009
3. Pinotage 2006
4. Merlot 2007
5. Cabernet Sauvignon 2002
6. Shiraz 2004
7. Rosalind 2005
8. The Bean Pinotage 2009