Friday, August 29, 2008

Arniston Wegproe


Ons spandeer 'n wonderlike Saterdag en Sondag-oggend in die omgewing van Elim. Tydens hierdie tripiie ondek ons die spesiale wyne van die Suid Kaap. Veral die Sauvignon Blanc's was 'n openbaring. Die wyse van wynmaak en die bestuur van die suur in die wyne vind ons baie interessant.

Tydens die naweek besoek ons die volgende wynmakerye

Raka waar ons blootgestel word aan 'n familie wat met passie wynmaak. Ons proe al dioe bekende pryswennende wyne (vanaf die Quinary tot Signature Shiraz), maar dit is die nog onbekende Chinen Blanc wat ons verbeelding aangryp.

Daarna ry ons in die reen met 'n grond-paadjie die boendoes in om die uitstekende wyne van Quoin Rock te proe. Alhoewel al die druiwe na Stellenbosch vervoer word, waar dit verwerk word en dikwels met Stellenbosch vrugte versny word, proe ons tog van die tipiese streek wyne.

Ons word daarna onthaal op 'n hartlike middag-ete op die plaas Zoetendal, net buite Elim waar ons die Sauvignon Blanc wyne behoorlik geniet.

Die aand se wynproe saam met 'n uitstekende aand-ete word op 'n hoogtepunt afgesluit met die Strandveld wyne. Dit is veral die Adamaster wat by ons sal bly.

Dankie aan Abrie en Susan vir die uitstekende reelings en weereens 'n suksesvolle funksie.