Saturday, January 19, 2008

Besoek aan Saronsberg

Die jaar 2008 word by Saronsberg (kampioen wynmakers) afgeskop. Die klub maak geskiedenis om kinders van lede wat groot genoeg is ook na die proe uit te nooi en die eksperiment blyk 'n groot sukses te wees. Van die kinders wat vandag teenwoordig was, was maar sewe toe die klub gestig is.

Die klub is bevoorreg om deur Dewaldt Heyns ontvang te word. Ons word deur 'n kelder toer geneem en in die woorde van Nico: "Wat my veral beïndruk het was hoe knap en kundig Dewaldt Heyns as wynmaker was - sonder foefies en pretensies. Die pragtige kelder, sy kunswerke, die puik wyne en verruklike middagete het verder die kroon gespan om die dag."

Ons proe die volgende wyne:

1. Provenance MCC Brut - Beskuitjie en sitrus wat eindig met 'n vars nasmaak
2. Provenance Sauvignon Blanc 2007 - Nuwe wereld styl vol vrugte en groen rissie
3. Saronsberg Chardonnay 2005 - Elegante wyn, vars met die lemmetjie en hout-geure in baie goeie balans.
4. Saronsberg Shiraz 2005 - 'n Uitstekende voorbeeld van die varieteit. Die vrug is veral prominent, maar in perfekte balans met die tanien.
5. Saronsberg FullCircle 2005 - Die klub se gunsteling. Baie komplekse wyn met 'n aantreklike karakter en verouderingspotensiaal
6. Saronsberg Seismic 2005 - 'n Baie elegante wyn, delikaat met 'n CS karakter.