Wednesday, October 19, 2011

Durbanville Sauvignon's

Een van die fantastiese voordele van die wynklub is die blootstelling wat ons kry aan die beste wynmakers in die land. Hierdie wynproe word aangebied deur Riaan Oosthuizen - een van die kenners van hierdie kultivar en spesifiek hoe dit gestalte kry in Durbanville. Ons word trakteer op uitstekende wyne met al die feite en stories agter elke wyn:

1. Durbanville Hills 2011 - Ingemaakte vye met goeie suur
2. De Vallei 2011 - Sitrus vrugte omring deur goeie struktuur
3. Nitida 2011 - Sitrus en appeliefie wat lekker ontwikkel in die mond: sag en suur
4. Altydgedacht 2011 - Effe goud met groen rissies
5. Skaap 2011 - Elegant met tropiese vrugte
6. Klein Roosboom 2010 - Aspersie en roosblare: komplekse karakter
7. De Vallei Sur Lie 2010 Rokerige karakter - middel pallet
8. Nomada 2010 - Aspersie, appeliefie en vrugte: 'n kragtoer
9. Nomada 2009 - Grasagtig en grafiet: Goeie ingang
10. Nomada 2007 - Peatiness (soos op whiskey) met sagte struktuur

Sunday, October 2, 2011

Rugby wereldbeker finaal

Die aand begin met brood en sop by the Wolfaardts se huis. George gaan dan voort om ons met uitstekende wyne te oorweldig. Ons proe wyne van rugbyspelende lande en moet uiteindelik erken dat Australia op die aand die beste was.

Die wyne wat geproe is (ses flights van twee wyne elk):
1. 2009 The Berio - Vye en gras met 'n kruie karakter
2. 2009 Nautilus Sauvignon Blanc van New Zealand se Marlborough streek - Groenrissies en baie vrug
3. 2009 Radford Rhine Riesling - tipiese petroleum - baie glad met suurlemoen en appels
4. 2009 Paul Cluver - gemaak met 'n Suid Afrikaanse interpretasie van die kultivar
5. 2005 Steenberg Semillon - toffee volmaak geintegreer met sitrus en droee appelkose
6. 2005 Peter Lehman Semillion - ongehoute meesterstuk. vars mondsmaak met neute
7. 2008 Annekskloof Malbec - Kersies en nog bessies
8. 2008 Felino Malbec van Argentinie - Kersies en anys, mar met baie struktuur vir 'n Malbec
9. 2008 Yalumba (Shiraz en Viognier) - Gekookte heuning, turkish delight en peper - 'n groot gunsteling
10. La Motte - "Meaty" met sappige vrugte
11. Boekenhoetskloof Shiraz - ernstige wyn, met goeie struktuur
12. Crozes Hermitage van Frankryk - die groep vind die wyn effens teleurstellend.

Uitkloprondte

Nico bied a proe aan om ons voor te berei vir die finaal.