Wednesday, December 31, 2008

Suid Oos Asia en die Verre Ooste
















Die jaarafsluitingsfunksie is 'n absolute smaak-sensasie. Ons word blootgestel aan oosterse kosse en pas dit met Suid Afrikaanse wyne. Om die proe te beskryf sal heelwat meer as die blog neem, maar hier volg 'n opsomming.

Die wyne wat geproe is, was die volgende:
1. Vonkelwyn: Pongraz
2. Sauvignon Blanc: Fairview
3. Chenin Blanc: Ken Forrester (Petit)
4. Chardonnay: deWetshof unwooded
5. Weisser Riesling: Helderberg
6. Gewurztraminer: Simonsig
7. Cabernet Sauvignon: Alexanderfontein
8. Chiraz: Durbanville
9. Fine: Monis Pale dry

Die kosse wat geproe en gepas is, was die volgende:
Sjinees: Cantoneese Mieliesop, Kung Pao (garnale), Chow mein, Sichuan bees.
Japanees: Miso, Tempura (garnale), Sushi, Tonkatsu (met vark)
Thai: Tom yum gai (hoender), Tod man (viskoekies), Pad Thai. Thai rooi kerrie (met vark)

Tuesday, October 28, 2008

Dubbelgoud

Willem en Gretel bied 'n uitstekende proe aan waar ons blootgestel word aan Veritas dubbelgoed wenners, sowel as Michelangelo DG wenners. DIe wyne wat geproe word, is:
  1. David Nieuwoudt Ghost Corner 2008 - vrugtig met intense geure wat goed geintegreer is
  2. Diemersdal Eight Rows 2008 - Kompleks, gras geure met 'n vol mond smaak
  3. Alvi's Drift Cape Fusion 2005 - Glad, geintegreerd en vrugtig
  4. Backsberg Klein Babilonstoren 2004 - Meaty en Jammy, vol bessies
  5. Hartenberg Cabernet Sauvignon 2005 - Donker rooi, koffie en volmond vrugte
  6. Arabella Shiraz 2007 - Rooi vrugte, lig en elegant
  7. Nederberg Winemaster Reserve 2007 - Mocca, swaar met 'n gladde aanslag
  8. Landskroon Paul de Villiers 2006 - Voilets, karamel speserye
  9. Saronsberg Shiraz 2005 - Mocca, peper, vol met goeie struktuur
  10. Kloovenberg Shiraz 2005 - Skaam, maar elegant

Monday, September 22, 2008

Cape Point Winery

Dit is al lank dat ons probeer om by Cape Point te proe. Met die uitstekende resultate wat hulle oor die jare gekry het met hul witwyne was dit altyd 'n leemte in ons wynproe-ervaring.

Ons was gelukkig om op 'n koue aand die wynproe mee te maak met Duncan Savage, die wynmaker. Ons het natuurlik die Sauvignon Blancs geproe, sowel as die Semillon en Chardonnays. 'n Gedeelte van die proe is selfs gehou in die verkoelde "containers" langs die kelder. Ongelukkig was die Isliedh uitverkoop en kon ons nie eers een bottel proe nie.

Friday, August 29, 2008

Arniston Wegproe


Ons spandeer 'n wonderlike Saterdag en Sondag-oggend in die omgewing van Elim. Tydens hierdie tripiie ondek ons die spesiale wyne van die Suid Kaap. Veral die Sauvignon Blanc's was 'n openbaring. Die wyse van wynmaak en die bestuur van die suur in die wyne vind ons baie interessant.

Tydens die naweek besoek ons die volgende wynmakerye

Raka waar ons blootgestel word aan 'n familie wat met passie wynmaak. Ons proe al dioe bekende pryswennende wyne (vanaf die Quinary tot Signature Shiraz), maar dit is die nog onbekende Chinen Blanc wat ons verbeelding aangryp.

Daarna ry ons in die reen met 'n grond-paadjie die boendoes in om die uitstekende wyne van Quoin Rock te proe. Alhoewel al die druiwe na Stellenbosch vervoer word, waar dit verwerk word en dikwels met Stellenbosch vrugte versny word, proe ons tog van die tipiese streek wyne.

Ons word daarna onthaal op 'n hartlike middag-ete op die plaas Zoetendal, net buite Elim waar ons die Sauvignon Blanc wyne behoorlik geniet.

Die aand se wynproe saam met 'n uitstekende aand-ete word op 'n hoogtepunt afgesluit met die Strandveld wyne. Dit is veral die Adamaster wat by ons sal bly.

Dankie aan Abrie en Susan vir die uitstekende reelings en weereens 'n suksesvolle funksie.

Tuesday, July 22, 2008

Cotes Du Roussillon proe


Jeff Grier van Villiera het onlangs 'n plaas in die Roussillon streek van Frankryk aangeskaf. Hy het aan ons (en 'n paar ander vriende) op insiggewende wyse bekend gestel aan hierdie streek, hulle kultivars, benadering tot wynmaak en natuurlik hulle wyne. Ons het baie geleer van die invloed van Catalan op hierdie gedeelte en die geskiedenis wat eeue teruggaan.

Ons het ook uitstekende wyne geproe:

1. Domain Grier - Vin de Pays D'OC (1789 range) Maccabeu/Viognier 2006: lig geel met vars vrugte en mineraliteit karakter
2. Matassa - Vin de Pays des Cotes Catalan Cuvee Nouge 2005: Veroudering op die neus met 'n meer botterige smaak
3. Domain Grier - Vin de Pays des Cotes Catalan (1789 range) Grenache 2006: Kaneeltjie en kersies, amper a soek karakter tog droog en sagte struktuur
4. Domain Serrelongue - Cotes du Ruissillon Carigno Cargnan 2006: Donker rooi met karamel en speserye
5. Domaine Vaquer - Vin de Payes des Cotes Catalan L'Expression Carignan 2005: Donker swart bessies jellie met vars speserye. Intense vrug ontwikkel in die mond tot 'n amper mollasse na-smaak
6. Domaine des Soulanes - Vin de Pays des Cotes Catalan Bastoul Laffite Red Blend 2004: Donker rooi met marmite neus en aardsheid, volmond met goeie tanien struktuur
7. Comp del Roc - Cotes du Roussillon Vinum Patris Red Blend 2004: Rooi bessies en granaat op die mond
8. Domain Cardies Cotes du Roussillon Villages Les Milleres Red Blend 2005 (SMG): Aarbeie en Sirah "farmyard", aantreklike skoon vrugtige ingaan (entry)
9. Domain Grier Cotes du Roussillon Villages Crusade Red Blend 2006 (GSM): Baie rype vrugte en 'n oorvloed daarvan met goeie struktuur en balans
10. Mas Amiel - Vin doux Naturel A.C. Maury Vintage Reserve: hout vuur en warm was gemeng met heuning

Tuesday, July 15, 2008

Die perfekte Bordeaux

Vanaand se proe was nie net leersaam nie, maar het ons weerens geniet. Doreen en Nico het met die bekende garagist, Charl van Teijlingen, gereel om 'n uitstekende proe aan te bied oor die vyf cultivars van Bordeaux. Ons het vyf tipiese 2007 wyne blind geproe met die opdrag om al vyf te identifiseer. 'n Groot persentasie van die klub kon dit regkry. Die vyf kultivars is: Cabernet Sauvignon, Merlot, Cabernet Frank, Malbec en Petit Verdot. Daarna proe ons 'n uitstekende versnit van al vyf deur Charl voorberei en wat hy "Voorhout" noem.

Wednesday, June 18, 2008

2007 Wynmaker van die Jaar

Ongetwyfeld een van die hoogtepunte van die jaar. Om die wynmaker van die jaar te ontmoet, sy nuuste skepping eerste te proe as 'n klub en dan getrakteer te word op 'n pryswenner restaurant se kos, gebeur nie elke dag nie. Weereens het ons besef hoe bevoorreg ons is om deel te wees van hierdie klub.
Die aand het begin met 'n proe van al die Semillon wyne wat al ooit op die plaas gemaak is (1997-2005). Die verskeidenhied was opvallend, maar al die wyne was stunning kompleks en goed gebalanseerd met byewas, lemmetjie en heuning geure.

Daarna proe ons die volgende wyne:
Semillon 2003, 2004. Lang nasmaak, vol mond, tog is die vrug baie prominent
Chocolate Block (Granache, Shiraz, Cinsuat, Cab) 2005, 2006. Aromatiese speserye, donker kersie en amper "chewy" op die mond.
Cabernet Sauvignon 2004, 2005. Net eenvoudig 'n volmond, great wyn. Alles is perfek geintegreer en die smaak hou net aan en aan.
Shiraz 2001, 2005. Speserye karakter. Die fennel is meer prominent op die 2001. Compleks met rooi bessies en 'n soort van 'n unieke wildheid.
Journeyman 2005. Delikate vrug toegevou in sagte compleksiteit. Kompleks dog delikaat. Een van die beste wyne wat in Suid Afrika geproduseer word. Die wyn word in Julie vrygestel en ons was die eerste klub wat die voorreg gehad het om dit te proe.

Daarna word die aand deur 'n viergang maaltyd voorberei deur een van die chef's van Ruben's - 'n pryswennende restaurant van Franschhoek.

2009 World Champions

Die Wolfaardts bied 'n uitstekende wynproe aan gedurende Mei. Wyne van oor die hele wêreld word geproe en deur 'n gesofistikeerde meganisme van stem word die VSA deur die groep as die 2009 Wêreldkampioene aangewys. Die wyne wat geproe is, sal binnekort gepubliseer word.

Wednesday, April 16, 2008

Beyerskloof Pinotage

Dankie aan die Hopley's vir die reelings van 'n spesiale proe wat aangebied is deur Pinotage wyn-guru Beyers Truter. 'n Ander wynklub, die Sippers het saamgeproe. Die 2007 top10 Pinotage wyne is voorgesit:

1. Bon Courage, pruim en vrugte met 'n lang nasmaak
2. Fleur du Cap, Komplekse wyn, nougat met bessie vrugte
3. Fantail, 'n geslaagde tog eenvoudige wyn
4. Forepaws, Karoo-bossie met kompleksiteit en struktuur
5. Marraine, Bloekom met hoe alkohol vrugte
6. Pulpit Rock, Mocca en swart bessies wat goed ontwikkel. Die gunsteling van die aand
7. Moreson, Karamel en speserye aangevul deur bessie vrugte
8. Simonsig Red Hill, Komplekse wyn met bessie-geure
9. Stellenzicht Golden Triangle, nog 'n uitstekende komplekse wyn
10. Windmeul, volgepak met vrugte

Na 'n wonderlike en leersame proe ontspan ons saam om volgelaaide kaasborde en gesels tot laat in die aand.

Tuesday, March 11, 2008

Spot the Loser/Winner

Ons het weereens 'n uitstekende wynproe geniet. Soos gewoonlik het Kobus baie moeite gedoen en 'n leersame wynproe aangebied. Die proe het bestaan uit twee groepe van vier wyne wat ons blind geproe het. Ons moes besluit watter wyne die kampioen-wyne is en die wyne ook pas met beskrywings deur Kobus verskaf.

DIt was heelwat moeiliker as wat ons aanvanklik gedink het en baie van ons is volkome getroef. Gelukkig was daar darem 'n paar lede wat die klub se naam hoog gehou het met 'n hoe akkuraatheid.

Die wyne geproe (almal van Durbanville Hills) was:

1. Sauvignon Blanc 2007 (Standaard) - Tropiese vrugte en madeliefie
2. Sauuvignon Blanc Rhinofields Inner Valley 2007 - Die vrug is in goeie balans met die groen-rissie
3. Sauvignon Blanc Rhinofields Outer Valley 2007 - Meer tropiese vrugte karakter met duidelike pynappel.
4. Sauvignon Blanc Biesjes Kraal 2007 (Michelangelo Internationale Goue trofee). Baie kompleks met die vrug, aspersie en gras-agtigheid goed ge-integreerd.

1. Cabernet Sauvignon 2006 - Goeie struktuur met bessies
2. Shiraz 2007 (Michelangelo Internationale Silwer trofee) - Wit peper en rook-karakter
3. Merlot 2006 - Bessie, sjokolade en mint
4. Luipaardsberg Merlot Vintage 2003 (Michelangelo Internationale Goue trofee), (Veritas dubbel goud) - Baie kompleks en swaar wyn, tog glad en vol met goeie struktuur.

Wednesday, February 20, 2008

Die 2008 "Masters"


Suid Afrika het besonderse gholfspelers opgelewer. Drie van die grootste van hulle is Ernie Els, David Frost en Retief Goosen. Tydens 'n uistekende proe wat Hendrik by sy huis aangebied het, het ons as wynklub ook ontdek dat hierdie drie ook uitstekende wyne maak.

Ons het die aand begin met 'n vergelykende proe van wyne wat David Frost maak. Die wyne wat ons geproe het was:

1. Million Dollar Blend. Amper marshmalllow en speserye op die neus. Nog baie tanien, maar 'n volmond smaak met 'n lang nasmaak.
2. Shiraz 2004 - 'n Umani, Yummy, lekkerte wat opgevolg word met rook in goeie balans met vrug
3. Cabernet Sauvignon 2002 - Karoonbossie en framboos met 'n droe aanhoudende nasmaak

Daarna het die groot blinde proe aangebreek. 'n Werklike "Masters" waar die ikoon wyne van hierdie gholfspelers teen een van Suid Afrika se beste rooi wyne opgeweeg is. Almal het die wyne blind geproe en toe gesamentlik gestem vir die beste wyn van die aand. Die resultate was as volg:

Eerste: Retief Goosen se 2006 Goose - 'n Elegante wyn met baie kompleksiteit
Tweede: David Frost se Par Excellence 2003 - Ernstige wyn
Derde: Ernie Els 2003
Vierde: Anwilka 2005
Alhoewel ons die wyne moes rate, was almal van uitstekende gehalte en sou almal werklike 18-19 tellings by ons gekry het.

Daarna het ons net lekker uitgespan, wyn gedrink en gesels

Saturday, January 19, 2008

Besoek aan Saronsberg

Die jaar 2008 word by Saronsberg (kampioen wynmakers) afgeskop. Die klub maak geskiedenis om kinders van lede wat groot genoeg is ook na die proe uit te nooi en die eksperiment blyk 'n groot sukses te wees. Van die kinders wat vandag teenwoordig was, was maar sewe toe die klub gestig is.

Die klub is bevoorreg om deur Dewaldt Heyns ontvang te word. Ons word deur 'n kelder toer geneem en in die woorde van Nico: "Wat my veral beïndruk het was hoe knap en kundig Dewaldt Heyns as wynmaker was - sonder foefies en pretensies. Die pragtige kelder, sy kunswerke, die puik wyne en verruklike middagete het verder die kroon gespan om die dag."

Ons proe die volgende wyne:

1. Provenance MCC Brut - Beskuitjie en sitrus wat eindig met 'n vars nasmaak
2. Provenance Sauvignon Blanc 2007 - Nuwe wereld styl vol vrugte en groen rissie
3. Saronsberg Chardonnay 2005 - Elegante wyn, vars met die lemmetjie en hout-geure in baie goeie balans.
4. Saronsberg Shiraz 2005 - 'n Uitstekende voorbeeld van die varieteit. Die vrug is veral prominent, maar in perfekte balans met die tanien.
5. Saronsberg FullCircle 2005 - Die klub se gunsteling. Baie komplekse wyn met 'n aantreklike karakter en verouderingspotensiaal
6. Saronsberg Seismic 2005 - 'n Baie elegante wyn, delikaat met 'n CS karakter.