Sunday, July 25, 2010

Italiaanse wyne belewenis

Hendrik en Hetta reel 'n voortreflike aand waar ons 'n wye versameling Italiaanse wyne geniet saam met Italiaanse kosse. Die wyne wat geproe word is:
1. Prosecco Raboso Sole Novi NV - Delikate vrugte (Pere?)
2. Lamberti Pinot Grigio 2009 - Wit perskes, baie lig
3. Lamberti Soave Santepietre 2008 - Neutigheid en pere met 'n tikkie bitter
4. Colli di Luni Vermentino 2008 - Pynappels en heuning
5. Ca'Bianca Borolo DOCG 2005 -Naeltjies en ryk vrugte
6. Casa Emma Chianto Classico DOCG 2007 - Aardsheid en belee kersies
7. Lamberti Amarone Tenuta "Pule" 1998 - Intense neus, vrugte en violette
8. Mpntresor Valpolicella Ripasso Classico 2007 - Geroosterde geure met bessies op die mond
9. Zaccagnini Montipulciano D'Abruzzo 2008 - Sampioene en baie vrugte

Saturday, July 3, 2010

Merlot versnitte

Sam en Isobel onthaal ons in hulle huis met 'n voortreflike proe van verskillende merlot versnitte. Daarna smul ons aan brood, kaas en sop. Die wyne wat geproe is, was die volgende:

1. Excelsior Merlot 2008 - Bessies met donker choc
2. Simonsig Frans Malan 2006 - Goeie struktuur
3. Slanghoek Camerca 2008 - Baie vrug wat ook op die tong ontwikkel
4. Cederberger 2007 - Mocha en pruime
5. Gaudian Peak Merlot 2009 - Baie elegant, vrugte en 'n sweepie toffie
6. Idiom Del Capo 2006 - Stowwerige vrugte met piesang geure.
7. Paradyskloof Merlot 2007 - Gladde mond-intree
8. Vriesenhof Enthropia 2005 - Aardsheid en sampioene

Sunday, June 6, 2010

Bottelary Hills Wynsentrum

CN en Marlene tref reelings vir 'n leersame besoek aan die Bottelary Hills Wynsentrum waar ons meer leer oor nuwe tendense in witwyn versnyding in die Suid Afrikaanse wynbedryf. Ons proe ook die volgende wyne:
1. Simonsig Adelblanc 2009
2. Vergelegen White 2008
3. Adoro Naude White 2008
4. Sterhuis Astra White 2007
5. Joostenberg Fairhead 2008
6. Bellingham Fair maiden 2008
7. Rall White 2008
8. Lammershoek Roulette 2007
9. Sadie Palladius 2008

Mooiplaas belewenis!


Wat 'n belewenis om hierdie proe mee te maak. Die passie van die Roos-familie en hulle kennis van die omgewing en wyn-maak in besonders was duidelik deur die hele aand. Ons begin die proe met 'n rit na die hoogste punt van die plaas waar ons die son sien sak oor Robben eiland. Ons proe verskeie wyne en geniet daarna 'n tafel vol lekkernye terwyl ons lang stukke gesels.

Die wyne wat ons geproe het was:
1. Chenin Blanc 2009
2. Sauvignon Blanc 2009
3. Pinotage 2006
4. Merlot 2007
5. Cabernet Sauvignon 2002
6. Shiraz 2004
7. Rosalind 2005
8. The Bean Pinotage 2009

Friday, March 26, 2010

Sushi en Wyn

Willem en Gretel trakteer ons op van die lekkerste Sushi terwyl ons ook leer watter wyne die beste pas by hierdie Japanese gereg. Die wyne wat geproe is was:
1.Pongracz MCC
2. Flagstone Sauvignon Blanc 2009
3. de Wetshof Bon Vallon 2009
4. Sumaridge Martimus 2008
5. deWetshof Rhine Riesling
6. Fleur du Cap Chenin Blanc 2008
7. Robertson Bauketraube 2009
8. Mooiplaas Cabertnet Sauvignon 2002
9. Monis Pale dry Sherry

Die algemene gevoel was dat die beste keuse 'n ongehoute Chardonnay is (no. 3), met die Bauketraube en die MCC as goeie plaasvervangers.

Monday, February 15, 2010

Shiraz Versnitte

Hannes bied twee flights met dieselfde soort versnitte aan: Shiraz skoon, Shiraz en Cabernet, Shiraz en Pinotage en 'n Rhone versnit (primer met Mouvedre). Die eerste flight baie meer bekostigbare wyne, terwyl die tweede flight duurder wyne is:

1.1 Schonenberg Walking the Path 2008 (met Pinotage). Intense geure maar 'n bietjie grof
1.2 Nederberg Baronne 2008 (met Cabernet). Rokerige karakter, speserye met hout ondertone.
1.3 Myberg en Milner 2008 (de Meye gebottel vir Aroma). Skoon bessies met lang nasmaak.
1.4 Schalkenbosch Stratus 2006 (Rhone versnit). Donker rooi, beste van die flight

2.1 Kwezi 2007 (Pinotage en Cinsaut). Complekse wyne met intense bessies
2.2 Inkara Shiraz 2004 (Shiraz). 'n Cape classic!
2.3 Guardian Peak SMG (Rhone versnit). Baie kompleks. Uitsekende wyn teen goeie prys.
2.4 Mas Nicolas 2005 (met Cabernet). Een van die hoogtepunte van die aand.

Saturday, January 16, 2010

Somer samesyn by Harry's

Ons begin die proe-jaar op 'n besonderse wyse by Harry's Restaurant buite die Paarl. Nadat ons trakteer is op die spitsvondighede en kennis van Lars en Francois van Morgan's Wineshop, eindig die aand met 'n gereg van spesiale hamburger geregte. Die wyne aangebied deur Lars geniet ons saam met spesifieke geregte. Die wyne was:

Knorhoek Chenin Blanc 2008 saam met 'n Garnaal-koekie
Lindhurst Viognier 2009 met 'n Maleier gereg
Cederberg Bauketraube 2009 met dieselfde Maleier gereg
Freedom Hill Pinotage 2007 met Hoender en Basillie kruie
De Heuvel Shiraz 2007 met Griekse lam
La Motte Millinium 2006 met Harry se steak
Lanzerac Classique versnit 2004 om mee af te sluit.