Sunday, March 27, 2011

Klein Roosboom

Klein Roosboom is a klein boutique wynmaker in Durbanville. Die eienaar se vrou, Karin de Villiers, is die wynmaker. Tydens ons besoek word ons op die beste wyne getrakteer en gesels daarna lekker saam rondom kaas en vars brood. Die wyne wat ons geproe het was:

1. KR Sauvignon Blanc 2009 - Dominante vrugte. Goed gebalanseerde volmond smaak.
2. KR Sauvignon Blanc 2010 - Koejawel en subtropiese vrugte
3. Bandana Blanc 2010 - Meer delikate wyn met grassy en vrugte eienskappe
4. Phizantekraal Sauvignon Blanc 2010 - Vars appels. Aanvanklik bietjie skaam maar ontwikkel goed in die mond
5. Nomada Georgina 2008 - Drop en vanilja geure, gestoofde vrugte. Nice entry met goeie struktuur en sagte taniene
6. KR Merlot 2009 - Speserye, aards en maak mooi oop in die mond met sappige vrugte.
7. KR Cabernet Sauvignon 2009 - "Boiled sweets" met sagte strukture, tog baie diepte.