Thursday, September 12, 2013

Terroir wenners

Ons word voorgestel aan tien van die beste wyne op die onlangse 2013 Novare SA Terroir Wine Award. Ons gas is Marius Labuschagne, bekende wyn-skrywer, maar ook die persoon agter die Terroir Wine Awards. Die doel van die kompetisie is om egte Suid Afrikaanse karakter in wyne te beloon.

Ons proe die volgende wyne blind:
1. 2012 Kranskop Viognier
2. 2013 Diemersdal (Eight Rows) Sauvignon Blanc
3. 2011 Hermanuspietersfontein De Bartho (Witwyn versnit)
4. 2009 De Wetshof Bateleur Chardonnay
5. 2010 Diemersfontein Carpe Diem Malbec
6. 2010 Morgenster (Rooiwyn versnit)
7. 2008 Nelson Estate Cabernet Merlot Blend
8. 2011 Bon Courage Inkara Cabernet Sauvignon
9. 2010 Anura Pinotage Reserve
10 2003 Bergsig LBV