Tuesday, December 1, 2009

Lebanese Afsluiting

As daar een ding is wat ons in hierdie wynklub geleer het, is dat wyn orals in die wereld gedrink word. En verder as ons mense ontmoet wat wyn geniet, dan kan mens van hulle hou. Hierdie jaar is die afsluitingsfunksie aan huis van Geza and Ghenwa gehou. Ghenwa het ons gewys hoe Lebanese geregte voorberei word en daarna het ons dit geniet saam met gepaste Suid Afrikaanse wyne.

Ons is die aand laat daar weg met baie bevredigende herhinderinge. Ons het nuwe vriende gemaak en ou vriendskappe versterk.

Kultivar Vaardighede

Willem doen baie moeite en bied 'n uitstekende proe aan waar die klub uitgedaag word om nege kultivars te identifiseer. Meeste van die lede vaar besonders goed met heelwat wat agt reg kry en selfs 'n paar vol-punters!

Die wyne wat geproe word is as volg:

1. JC le Roux Sauv Blanc Vonkel - duidelike SB karakter
2. Bloemendal Semillon 2007 - Vrugte verpak in gladde room
3. Mooiplaas Chenin Blanc 2008 - Volmond tropies vrugte
4. Sir Lambert Sauvignon Blanc 2009 - Goeie struktuur met tipiese groenrissies en gras
5. La Motte Chardonnay 2007 - Sitrus, gis, neute opgeklits in botter-lekkerte
6. Mooiplaas Cabernet Sauvignon 2004 - Elegante wyn met lieflike Cab geure
7. Mooiplaas Pinotage 2005 - Pruimkarakter wat goed deur die eik ondersteun word
8. Mooiplaas Shiraz 2004 - Gerookte hout en speserye
9. Mooiplaas Merlot 2006 - Cassis en hout-ondersteunde kersie geure

Saturday, October 24, 2009

Sauvignon Proe

Sam en Isobel bied 'n Sauvignon Blanc proe by hulle huis aan

Pinotage ABSA Top 10 Wenners

Reinhardt het (soos gewoonlik) daarin geslaag om al die ABSA Top 10 wenners in die hande te kry. Ons proe die wyne blind en vind nogal baie ooreenkomste in wat die klub van hou.

Botrivier wegnaweek

DIt is waarskynlik die feit dat Nico sulke goeie reelings tref vir ons weg-naweke dat hy gedurig gevra word om die reelings te tref. Hierdie jaar was weer geen uitsondering nie. Ons span uit vir twee dae in die omgewing van Botrivier en word op wyne en wynmaak-kuns trakteer by die volgende instansies:

1. Eers beindruk Niels Verburg (eienaar en wynmaker by Luddite) ons met sy gemaklike lewens-uitkyk maar ook met sy passie vir Shiraz.
2. Die Beaumonts van Botrivier het die streek "op die map" gesit. Al hulle wyne is puik maar ons word veral deur die Chenin's beindruk.
3. Die volgende besoek is aan Sumaridge waar ons deur die ex-Zimbabwier wynmaker (Gavin Peterson) aan hul wyne voorgestel word, waarna ons aansit vir 'n heerlike middag-ete.
4. Die aand se kos en wyn passingsete aangebied in Seasons restaurant word spesiaal besonders gemaak deurdat Bartho Eksteen ons gas is. Hy is een van die ikone van die Suid Afrikaanse wynbedryf. Ons geniet sy HermanusPietersfontein wyne en sy insigte oor Sauvignon Blanc.
5. Die volgende oggend woon ons 'n proe by die Hemel-en-Aarde wynwinkel by.

Ons keer terug met baie meer kennis van die streek maar ook gelukkig en te vrede om te kan deel in vriendskap en goeie tye.

Sunday, July 26, 2009

Merlot proe

Abrie doen goeie navorsing en sit 'n indrukwekkende reeks wyne aan die klub voor. Teen die einde word 'n paar wyne in versnit met Merlot geproe. Meeste van die klublede misluk om die regte wyne uit te ken. Teen die einde van die aand het ons weer heelwat geleer en het ons baie meer waardering vir hierdie moeilike kultivar vir Suid Afrikaanse toestande.

Die wyne wat ons geproe het was:
  1. 2007 Alexanderfontein - Marmite neus met 'n volmond smaak
  2. 2006 Plaisir de Merle - Biltong en kruie, kompleksiteit in die mond.
  3. 2007 Spier Signature - Bossies met 'n ferm aanslag
  4. 2007 Durbanville Hills - Vol vrugte
  5. 2007 Zonnenbloem - Sjokolade - wat lekker in die mond ontwikkel
  6. 2008 Rust en Vrede - Delikate neus en kompleksiteit in die mond
  7. 2009 Kranskop - (effense kurk) baie belofte
  8. 2006 Boschendal (Cab, Merlot) - Rokerig en goeie hout integrasie
  9. 2006 du Toitskloof (Pinotage, Merlot) - Rooi bessies
  10. 2006 Just Shiraz and Merlot - Leer karakter
  11. 2005 Quinrock Merlot - Glad en goed ge-integreerd

Shiraz proe

Reinhardt bied 'n Shiraz proe by sy huis aan. Ons proe bekende, maar ook minder bekende wyne en kom weereens onder die indruk van die geskiktheid van hierdie kultivar om in Suid Afrika verbou te word.

Thursday, May 14, 2009

Vaskop in die Rooiwynskrum

Hendrik bied 'n uitsekende Cabernet Sauvignon wynproe by sy huis aan (met goeie ondersteuning van Simon van Louisvale). Hendrik maak die punt dat Cabernet die ruggraat van baie versnit rooiwyne is. Ons proe die volgende wyne blind:

1. 2005 Kleinvallei - Komplekse cassis aardsheid met rooi vrugte in die mond. Taniene moet nog bietjie versag
2. 2005 Phisantekraal - Goeie hout en vrugte duidelik
3. 2007 Louisvale - Menthol en violets met volmoed
4 2005 Ilka - Elegante, effens ligter wyn, vrug en taniene baie goed gebalanseer
5. 2005 Lanzerac - Sagte karamel, vrugte op die mond is amper port agtig.
6. 1992 Uitkyk - Baksteen rooi, baie glad (iets soos gemmer op die neus?)
7. 1995 Louisvale - Baie aantreklik ten spyte van die ouderdom
8. 1980 Stellenryck - Die groep voel dat die wyn te oud geword het

Thursday, April 23, 2009

Annelie se Chardonnay proe

Annelie het 'n baie insiggewende Chardonnay proe aangebied. In die eerste flight is meeste van ons uitgevang met die Chenin wat sy deel van die proe gemaak het. Daarna het ons almal akkuraat die hout en bottel-veroudering kon proe. Die wyne wat geproe is:
Vooraf: Steenberg Chardonnay 1682 Brut.
1. Raka Chenin 2008 - Mango op die neus met 'n amperse neut smaak
2. Eikendal Janina 2008 - Lig-geel, appels en pynappels
3. Eikendal Lufthansa 2007 - Elegante wyn met tipiese sitrus karakters
4. Eikendal 2007 - Goed gebalanseerde wyn met 'n minerale karakter
5. Eikendal 2005 - Goed gebalanseerde wyn met sitrus en butterscotch eienskappe
6. Ataraxia Chardonnay 2007 - Delikate suurlemoen smake (lemon merange)
7. Uva Mira Chardonnay 2007 - Skerp geel. Baie komplekse neus met speserye en sitrus - delikate volmoed met 'n lang marmelade na-smaak. Almal stem saam 'n meesterstuk
8. Springfield Methode Acienne Chardonnay 2006 - Sitrus wat agter donker botter wegkruip. Al die geure in goeie balans.

Tuesday, March 24, 2009

Chenin Blanc proe

Baie lekker wynproe gereel deur Marlene. Ons proe uitstekende voorbeelde van Suid Afrikaanse Chenin's:
1. Groote Pos 2008 (Darling) - tropies vrugte op die neus en pallet
2. Alexanderfontein 2008 (Darling) - Guava prominent; glad en goed gebalanseerd
3. Ondine 2008 (Darling) - Vlagskip wyn
4. Arabella 2008 (Robertson) - Vrugte en vars strooi
5. Perdeperg 2008 (Agter-Paarl) - Tropiese vrugte wat deurgetrek word na 'n volmond en lang nasmaak
6. Spier 2008 (Stellenbosch) - Vrugte word met heuning en vanilla gekomplimenteer
7. Kleine Zalze Bushvines 2008 (Stellenbosch) - Vrugte op die neus met 'n skoon, "crisp" smaak
8. Mooiplaas Bushvines 2008 (Stellenbosch) - Guava, pynappel met goeie struktuur en volmond smaak
9. L'Avenir 2006 (Stellenbosch) - Sagte, tog goed gebalanseerde wyn
10. Hue - Vouvray, Loire 2005. Geen proe notas nie

Thursday, February 26, 2009

La Caronne Valentynsdag














Hierdie was net een van daardie spesiale dae in alle aspekte. Die weer was goed en die tuin was besonders. Die kos was keurig voorberei en die wyn uit die boonste rakke. Ons het 'n besonderse Valentynsdag proe in die tuine by La Caronne wynplaas naby Franschhoek gehou. Terwyl ons 'n viergang maaltyd uit piekniek mandjies geniet het, is ons stapsgewyse aan die wyne van La Caronne blootgestel:
A limited edition Cap Classique
Sauvignon Blanc
Chardonnay
Menage a Trois
Shiraz
Cabernet Sauvignon

Kaas en wyn pairing

Die klub hou 'n uitstekende kaas en wyn pairing by de Grendel op die 31 Januarie. Katinka beklemtoon dat die volgende kaaskenmerke: Sout, vet, aroma, digtheid, oorweeg moet word.

Die volgende kase is geproe met beste wyn-passings aangedui. (rating: *** goed; ** ok; * liefs nie)

BOKMELKKAAS: Chèvre met Sauvignon Blanc***

SAGTE KOEIMELKKASE: Brie met ongehoute Chardonnay *** en Camembert met Pinot Noir ***

HARDE KOEIMELKKASE: Gouda met Pinotage ***, Matured Gouda met Cabernet Sauvignon **, Mild Cheddar met Viognier ** en Matured Cheddar met Tawny Port ***

BLOU KASE: Cruyère met Winifred ** en Witzenberger met Shiraz **

ANDER KASE: Wensleydale with Cranberries met Pinotage ** of Late Harvest **, Emmental: *, Sheep’s milk Gouda met Pinotage **, Pont l’Evêque met Pinotage ** of Viognier **, French Tomme Obiqua met Shiraz **, Italian Gorgonzola met Noble Late Harvest ***, French Roquefort met Noble Late Harvest **, Blue Stilton met Tawny Port *** en Vintner’s Hoek (Munster style) met Port ***

Die wyne wat vir die passing gebruik is, was die volgende:

De Grendel Sauvignon Blanc, Dewetshof Chardonnay ongehout,De Grendel Winifred (Viognier, Chardonnay, Semillon), De Grendel Viognier, De Grendel Pinot Noir, De Grendel Merlot, Alexanderfontein Cabernet Sauvignon Blanc, Beyerskloof Pinotage, De Grendel Shiraz, Brampton Natural Sweet, KWV Tawny Port