Saturday, October 24, 2009

Sauvignon Proe

Sam en Isobel bied 'n Sauvignon Blanc proe by hulle huis aan

Pinotage ABSA Top 10 Wenners

Reinhardt het (soos gewoonlik) daarin geslaag om al die ABSA Top 10 wenners in die hande te kry. Ons proe die wyne blind en vind nogal baie ooreenkomste in wat die klub van hou.

Botrivier wegnaweek

DIt is waarskynlik die feit dat Nico sulke goeie reelings tref vir ons weg-naweke dat hy gedurig gevra word om die reelings te tref. Hierdie jaar was weer geen uitsondering nie. Ons span uit vir twee dae in die omgewing van Botrivier en word op wyne en wynmaak-kuns trakteer by die volgende instansies:

1. Eers beindruk Niels Verburg (eienaar en wynmaker by Luddite) ons met sy gemaklike lewens-uitkyk maar ook met sy passie vir Shiraz.
2. Die Beaumonts van Botrivier het die streek "op die map" gesit. Al hulle wyne is puik maar ons word veral deur die Chenin's beindruk.
3. Die volgende besoek is aan Sumaridge waar ons deur die ex-Zimbabwier wynmaker (Gavin Peterson) aan hul wyne voorgestel word, waarna ons aansit vir 'n heerlike middag-ete.
4. Die aand se kos en wyn passingsete aangebied in Seasons restaurant word spesiaal besonders gemaak deurdat Bartho Eksteen ons gas is. Hy is een van die ikone van die Suid Afrikaanse wynbedryf. Ons geniet sy HermanusPietersfontein wyne en sy insigte oor Sauvignon Blanc.
5. Die volgende oggend woon ons 'n proe by die Hemel-en-Aarde wynwinkel by.

Ons keer terug met baie meer kennis van die streek maar ook gelukkig en te vrede om te kan deel in vriendskap en goeie tye.