Sunday, January 9, 2011

Jaarafsluiting by Saxenburg

D'Aria wynproe

Gereel deur Reinhardt en aangebied deur die wynmaker, Rudi von Waltsleben.

Streekgebonde Sauvignon Proe

Abrie bied 'n uitmuntende proe aan met die klem op streek-eienskappe van Sauvignon Blanc. Die wyne word blind geproe en ons moes weereens erken dat die klub besonderse knap proe-lede het wat heelwat wyne kon eien. Die wyne wat ons geproe het, was:

1. Sir Lambert (2009) - Fris en skerp met apersies
2. Cederberg (2009) - Vye, aspersies en lang einde
3. Saronsberg (2009) - Goeie balans
4. Durbanville Hills (2010) - Compleks
5. Cape Point Stonehaven (2009) - Uitstekende voorbeeld - tropiese vrugte
6. Lynngrovw (2010) - Vars gesnyde gras met goeie suur
7. Avondrood (2010) - Vars en fris
8. Springfields (Wine from Stone) (2010) - Minerale
9. Zoetendal (2008) - Pere en litchi's
10. Karusa (2010) - Lemmetjie, maar sag op die pallet

Rawsonville wegnaweek

Wat 'n belewenis! Mens dink altyd Rawsonville is 'n stil ou dorpie eenkant teen die berg as mens met die N1 verby-blits. Ons het hierdie naweek agtergekom dat goeie wyne (en baie) in hierdie vallei gemaak word. Verder het ons wonnerlike mense ontmoet en die naweek besonder geniet.

Die volgende kelders is besoek:
1. Deetlefs Landgoed waar kwaliteit wyne geproe word.
2. Uniwyne se Daschbos kelder. Ons word deur die massiewe kelder geneem en daarna 'n leersame skyfie-vertoning en wynproe.
3. Die "ligte" ete, proe en wyne aangebied deur Albertus en sy span by Avondroodt sal seker lank deur elke klublid onthou word.
4. Wynproe by Merwida kelder. Ontdek die volume wyn wat die private kelder hanteer en terselfdertyd kwaliteit wyne onder hulle eie etiket lewer.

Ons bly oor in die Werwida Country Lodge - 'n gebou uit 'n vorige tydperk met die grasie en styl van 'n vroeer tyd. Ons sluit die dag af met 'n wyn en kos geleentheid, aangebied deur die bestuurderes van die Lodge.