Sunday, July 3, 2011

Bosman Family Vineyards

Een van die wynmakers van die Bosman Family Vineyards, kom besoek ons en stel ons bekend aan hulle wyne. Hierdie plaas in die omgewing van Wellington is die grootste produsent wingerd stiggies, maar maak ook uitstekende wyne.

Ons word aan die volgende wyne voorgestel:

1. 2010 Rose - gemaak van dertig varieteite, baie kruie
2. 2009 Chenin Sur Lie - vars perske, goeie balans
3. 2010 Adama White - vrugteslaai (appels, leechi), baie kompleks
4. 2009 Optenhorst Chenin Blanc - Conjac neus, pragtige mondvul
5 2008 Adama Red - butterscotch, baie tanien en vrugte
6. 2007 Cabernet Sauvignon - Mentol en naeltjies met swartbessies - elegant
7. 2009 Pinotage - fynbos en blou kaas, goeie struktuur met Pinotage bitter nasmaak
8. 2007 Dolce Primitivo - hooi met romerige soetheid

Laibach proe

Ons besoek Laibach landgoed en proe hulle organiese wyne.