Sunday, July 25, 2010

Italiaanse wyne belewenis

Hendrik en Hetta reel 'n voortreflike aand waar ons 'n wye versameling Italiaanse wyne geniet saam met Italiaanse kosse. Die wyne wat geproe word is:
1. Prosecco Raboso Sole Novi NV - Delikate vrugte (Pere?)
2. Lamberti Pinot Grigio 2009 - Wit perskes, baie lig
3. Lamberti Soave Santepietre 2008 - Neutigheid en pere met 'n tikkie bitter
4. Colli di Luni Vermentino 2008 - Pynappels en heuning
5. Ca'Bianca Borolo DOCG 2005 -Naeltjies en ryk vrugte
6. Casa Emma Chianto Classico DOCG 2007 - Aardsheid en belee kersies
7. Lamberti Amarone Tenuta "Pule" 1998 - Intense neus, vrugte en violette
8. Mpntresor Valpolicella Ripasso Classico 2007 - Geroosterde geure met bessies op die mond
9. Zaccagnini Montipulciano D'Abruzzo 2008 - Sampioene en baie vrugte

Saturday, July 3, 2010

Merlot versnitte

Sam en Isobel onthaal ons in hulle huis met 'n voortreflike proe van verskillende merlot versnitte. Daarna smul ons aan brood, kaas en sop. Die wyne wat geproe is, was die volgende:

1. Excelsior Merlot 2008 - Bessies met donker choc
2. Simonsig Frans Malan 2006 - Goeie struktuur
3. Slanghoek Camerca 2008 - Baie vrug wat ook op die tong ontwikkel
4. Cederberger 2007 - Mocha en pruime
5. Gaudian Peak Merlot 2009 - Baie elegant, vrugte en 'n sweepie toffie
6. Idiom Del Capo 2006 - Stowwerige vrugte met piesang geure.
7. Paradyskloof Merlot 2007 - Gladde mond-intree
8. Vriesenhof Enthropia 2005 - Aardsheid en sampioene