Tuesday, March 11, 2008

Spot the Loser/Winner

Ons het weereens 'n uitstekende wynproe geniet. Soos gewoonlik het Kobus baie moeite gedoen en 'n leersame wynproe aangebied. Die proe het bestaan uit twee groepe van vier wyne wat ons blind geproe het. Ons moes besluit watter wyne die kampioen-wyne is en die wyne ook pas met beskrywings deur Kobus verskaf.

DIt was heelwat moeiliker as wat ons aanvanklik gedink het en baie van ons is volkome getroef. Gelukkig was daar darem 'n paar lede wat die klub se naam hoog gehou het met 'n hoe akkuraatheid.

Die wyne geproe (almal van Durbanville Hills) was:

1. Sauvignon Blanc 2007 (Standaard) - Tropiese vrugte en madeliefie
2. Sauuvignon Blanc Rhinofields Inner Valley 2007 - Die vrug is in goeie balans met die groen-rissie
3. Sauvignon Blanc Rhinofields Outer Valley 2007 - Meer tropiese vrugte karakter met duidelike pynappel.
4. Sauvignon Blanc Biesjes Kraal 2007 (Michelangelo Internationale Goue trofee). Baie kompleks met die vrug, aspersie en gras-agtigheid goed ge-integreerd.

1. Cabernet Sauvignon 2006 - Goeie struktuur met bessies
2. Shiraz 2007 (Michelangelo Internationale Silwer trofee) - Wit peper en rook-karakter
3. Merlot 2006 - Bessie, sjokolade en mint
4. Luipaardsberg Merlot Vintage 2003 (Michelangelo Internationale Goue trofee), (Veritas dubbel goud) - Baie kompleks en swaar wyn, tog glad en vol met goeie struktuur.