Saturday, April 21, 2012

Johan Joubert van Kleine Zalze

Ons is bevoorreg om die wyne van Kleine Zalze te geniet aangebied deur Cape Guild Winemaker, Johan Joubert. Johan is een van die voorste wynmakers in die land (jongste wynmaker wat die Jan Smuts trofee verower het, en internasionale wynmaker van die jaar in 2001 (Rober Mondavi trofee). Sy wyne by Kleine Zalze het verskeie pryse gewen (mees onlangs vyf ster Platter).

Ons proe die volgende wyne:
1. Chenin Blanc 2012 - Tropiese vrugte, vars in die mond
2. Chenin Blanc Vineyard Select 2011 - Neut en vrugte, volmond smaak wat goed ontwikkel
3. Chenin Blanc Vineyard Select 2008 - Helder geel, Conjac karakter, kompleksiteit wat ontwikkel in die mond.
4. Sauvignon Blanc 2012 - Spanspek, appelliefie
5. Sauvignon Blanc Cellar Selection 2011 - Groen tint, vars vrugte (sitrus)
6. Sauvignon Blanc Family Reserve 2010 - Komplekse neus (aspersies), bottel-veroudering, fyn vrugte en suur goed gebalanseerd
7. SMV Vineyard Selection 2010 - Rooi vrugte en mocca - aangename wyn
8. Shiraz Vineyard Selection 2009 - Warm vrugte en leer, wonderlike mond-ontwikkeling
9. Shiraz Family Reserve 2007 - Ryk vrugte en speserye, "chewy" en volmond, 'n meesterstuk
10. Cabernet Sauvignon Cellar Selection 2010 - Cassis en vrugte met ferm tanniene
11. Cabernet Sauvignon Vinyard Selection 2009 - Warm karamel en sederhout, bessies, aantreklik in mond
12. Cabernet Sauvignon Family Reserve 2007 - Rooi met effense bruin rand, uiters komplekse aards met ryk bessies, baie goed gedefinieerde struktuur