Saturday, January 16, 2010

Somer samesyn by Harry's

Ons begin die proe-jaar op 'n besonderse wyse by Harry's Restaurant buite die Paarl. Nadat ons trakteer is op die spitsvondighede en kennis van Lars en Francois van Morgan's Wineshop, eindig die aand met 'n gereg van spesiale hamburger geregte. Die wyne aangebied deur Lars geniet ons saam met spesifieke geregte. Die wyne was:

Knorhoek Chenin Blanc 2008 saam met 'n Garnaal-koekie
Lindhurst Viognier 2009 met 'n Maleier gereg
Cederberg Bauketraube 2009 met dieselfde Maleier gereg
Freedom Hill Pinotage 2007 met Hoender en Basillie kruie
De Heuvel Shiraz 2007 met Griekse lam
La Motte Millinium 2006 met Harry se steak
Lanzerac Classique versnit 2004 om mee af te sluit.