Wednesday, February 20, 2008

Die 2008 "Masters"


Suid Afrika het besonderse gholfspelers opgelewer. Drie van die grootste van hulle is Ernie Els, David Frost en Retief Goosen. Tydens 'n uistekende proe wat Hendrik by sy huis aangebied het, het ons as wynklub ook ontdek dat hierdie drie ook uitstekende wyne maak.

Ons het die aand begin met 'n vergelykende proe van wyne wat David Frost maak. Die wyne wat ons geproe het was:

1. Million Dollar Blend. Amper marshmalllow en speserye op die neus. Nog baie tanien, maar 'n volmond smaak met 'n lang nasmaak.
2. Shiraz 2004 - 'n Umani, Yummy, lekkerte wat opgevolg word met rook in goeie balans met vrug
3. Cabernet Sauvignon 2002 - Karoonbossie en framboos met 'n droe aanhoudende nasmaak

Daarna het die groot blinde proe aangebreek. 'n Werklike "Masters" waar die ikoon wyne van hierdie gholfspelers teen een van Suid Afrika se beste rooi wyne opgeweeg is. Almal het die wyne blind geproe en toe gesamentlik gestem vir die beste wyn van die aand. Die resultate was as volg:

Eerste: Retief Goosen se 2006 Goose - 'n Elegante wyn met baie kompleksiteit
Tweede: David Frost se Par Excellence 2003 - Ernstige wyn
Derde: Ernie Els 2003
Vierde: Anwilka 2005
Alhoewel ons die wyne moes rate, was almal van uitstekende gehalte en sou almal werklike 18-19 tellings by ons gekry het.

Daarna het ons net lekker uitgespan, wyn gedrink en gesels