Die klub is bevoorreg om deur Dewaldt Heyns ontvang te word. Ons word deur 'n kelder toer geneem en in die woorde van Nico: "Wat my veral beïndruk het was hoe knap en kundig Dewaldt Heyns as wynmaker was - sonder foefies en pretensies. Die pragtige kelder, sy kunswerke, die puik wyne en verruklike middagete het verder die kroon gespan om die dag."
Ons proe die volgende wyne:
1. Provenance MCC Brut - Beskuitjie en sitrus wat eindig met 'n vars nasmaak
2. Provenance Sauvignon Blanc 2007 - Nuwe wereld styl vol vrugte en groen rissie
3. Saronsberg Chardonnay 2005 - Elegante wyn, vars met die lemmetjie en hout-geure in baie goeie balans.
4. Saronsberg Shiraz 2005 - 'n Uitstekende voorbeeld van die varieteit. Die vrug is veral prominent, maar in perfekte balans met die tanien.
5. Saronsberg FullCircle 2005 - Die klub se gunsteling. Baie komplekse wyn met 'n aantreklike karakter en verouderingspotensiaal
6. Saronsberg Seismic 2005 - 'n Baie elegante wyn, delikaat met 'n CS karakter.