Thursday, April 11, 2013

Hermit on the Hill

Ons word met passie en oorgawe onthaal in hulle Boston huis deur Pieter de Waal en sy vrou Lohra. Ons proe tien rooi wyne en praat tot laat-aand oor sop en brood. Die wyne wat ons proe is:
1. Shiraz, Grenache, Malbec 2010 - Rooi vrugte en naeltjies
2. Shiraz, Cinsaut 2009 - Wit peper Shiraz, baie drinkbaar
3. Grenache 2010 - Goeie struktuur wat lekker in die mond ontwikkel
4. Grenache 2009 - Methol met sappige mondvul
5. Grenache 2007 - Gestoofde vrugte met aardse geure
6. Shiraz 2009 - Vrugte, wit peper en licorice
7. Shiraz 2008 - Soos 2009 met meer speserye
8. Shiraz 2007 - Meer vrug en speserye en swaarder
9. Shiraz 2005 - Hout en struktuur is meer duidelik
10. Shiraz 2003 - Vrugte met goeie struktuur. Alles in goeie balans

No comments: