Sunday, October 19, 2014

Somerwyne

George toets ons vermoee om witwyne te identifiseer. Eers word ons uitgedaag om ses enkel kultivars te identifiseer en daarna vier versnitte. Ons vaar redelik goed met ongeveer 'n 80% sukses tempo. Die wyne wat geproe word is.
1. The Foundry Voignier 2013 - Aards en romerig
2. Dornier Semillon Limited Edition 2011 - Sitrus met 'n suur-struktuur wat die smake goed ondersteun
3. Cape of Good Hope Altima Sauvignon Blanc 2011 - Tipiese gras-karakter en met groot toenadering (forthcoming)
4. VredeenLust Artisan Range Riesling 2013 - Tipiese petroleum en bloeisels
5. Mount Abora Koggelbos Chenin Blanc 2012 - Komplekse perskes en heuning. Ontwikkel goed in die mond.
6. Lanzerac Chardonnay 2012 - Goed gebalanseerd: appel en lemmetjie
7. Yardstick Marvelous Ka-pow! 2012 - Perfume, structure en varsheid (Chenin-gedrewe)
8. Black Oystercatcher White Pearl 2010 - Appeliefie, mineraliteit en romerigheid (Semillon-gedrewe)
9. Bouchard Finlayson Blanc de Mer 2013 - Baie geure wat almal in balans is. (Chardonnay-gedrewe)
10. Lemberg  The Lady 2012 - Perskes, speserye en blomme, kompleks en vol lewe. (Voignier-gedrewe)

Almal stem saam dat dit baie lekker was en veral dat George baie moeite gedoen het om die proe saam te stel.

Uva Mira

Die klub besoek die wynkelder op die voetheuwels van die Helderberg en proe onder anderre die Chardonnay en Shiraz.

Pinot-proe

Hendrik bied 'n interessante Pinot Noir wynproe aan. Ons word deur drie flights van drie wyne gekonfronteer wat ons blind proe. Elke flight het 'n Franse, Suid Afrikaanse en 'n Kiwi Pinot Noir wyn in. Ons enigste taak was om die lande in elke flight te identifiseer. Ons vaar besonders goed om die lande te bepaal. Oor die algemeen vaar die Franse Pinot Noir's baie beter, met die Suid Afrikaanse wyne in die derde plek. Die wyne wat geproe is was:
1. Money Saint Denis, 1e Cru La Roitte 2011 (FR) - Vars kersies en amandels. Baie kompleks
2. Nautilis 2011 (NZ) - Bos en sampioene. Volmond met kompleksiteit
3. De Grendel 2011 (SA) - "Smokeyness on the nose", vrugte prominent op die mond.
4. HaHa 2012 (NZ) - "Flinty" rooi vrugte
5. Crystallum Mabalel 2013 (SA) - Nat Tabak - kompleksiteit - eerste tong-kontak is glad en dan ontploffing van smaak. Die beste SA wyn.
6. Chateau de Chameney 1e Cru le Ruelles 2011 (FR) - Kruie en speserye met baie struktuur
7. Greywache 2011 (NZ) - Speserye en Neut. Gebalanseerd en glad mond-smaak.
8. (SA) - Te veel hout vir Pinot. Teleurstellend
9. Bourgogne Haute Coote de Beaune (FR) - Speserye, gedroogde vrugte, suur, tanniene, alles in balans.

Wegnaweek na Noordhoek

Die wegnaweek wat Nico vir ons reel na Noordhoek oortref weereens in die verwagting. Ons het nou al gewoond geraak aan uitstekende wyne, kos en geselskap en is altyd onseker of die volgende nie gaan teleurstel nie. Maar weereens was dit uit die boonste rakke.
Die besoek aan Eagles Nest was op soveel verskillende vlakke besonders. Buiten vir die uitstekende Voignier en Shiraz was die omgewing ook baie mooi.
Die aand se viergang-ete met wyn gepas by The Foodbarn was uit iets besonders. Die spyskaart wat deur Franck Dangereux opgestel is, het met smake en oorspronklikheid gepronk.

Friday, June 13, 2014

Winterwyne

Willem trakteer ons op 'n paar spesiale rooi wyne, sowel as 'n reeks billik-geprysde wyne wat goed vergelyk het met hulle heelwat duurder kompetisie. Onsproe die wyne blind en vaar nogal goed met wyne in die eerste en derde reeks. Die swaar-gehoute Shiraz voorbeelde boul ons egetr toe heeltemal uit.

Die volgende wyne is geproe.
A1. KWV Cathedral Cellar Cabernet Sauvignon 2010.
A2. La Riche Cabernet Sauvignon 2011
A3 Thelema Cabernet Sauvignon 2008
B1. Babylonstoren Shiraz 2012
B2. KWV Cathedral Cellar Shiraz 2010
B3. Rustenberg Buzzard Kloof 2010
C1. KWV Cathedral Cellar Pinotage 2010
C2. Kanonkop Pinotage 2011
C3. Camberley Pinotage 2012

Na die ernstige ge-proe, word daar lekker gekuier rondom Gretel se kerrie en rys. 

Thursday, March 27, 2014

Henk se wynwinkel

Dit was 'n trotse oomblik vir Hendrik en Hetta om te sien hoe Henk 'n uitstekende wynproe aanbied oor "block-buster" Shiraz wyne. Ander volwasse kinders van die wynklub-lede was by om die aand te geniet. Die wyne wat ons in drie flights van drie proe is as volg:
1. Arendsig 2012 - Liqueries en swart vrugte
2. Dunstone 2012 - gesnyde vars kruie (basil?). Goeie tanien struktuur.
3. Rijks 2008 - Duidelike vrug-gedrewe  wyn met baie karakter op die middel pallet
4. Reynecke 2012 - Vrugte-koek, naeltjies en mooi taniene
5. Boschkloof 2011 - Suiglekkers, rokerig, met 'n vars mondgevoel.
6. Saint-Joseph L'Amarybelle 2010 - Skoon, klassieke wyne. Fennel en soet hout.
7. Eagle Nest 2010 - Perdesweet-Shiraz karakter. "Yummy" op die mond.
8. SIHNN 2011 - Kersies en brandewyn met baie struktuur, tog goed gebalanseerd
9. Mullineux 2011 - Kruie, tabak en vrugte met 'n volmond belewenis.
Daarna geniet ons besonderse Pizza wat in die winkel gebak word. Ons kinders het goed geleer.

Sunday, March 2, 2014

Valentynsproe

Soos wat nou al tradisie geword het, kom ons weer bymekaar vir die jaarlikse Valentyns-proe. Marlene en CN het 'n proe uit die boonste rakke saamgestel: Die lekkerste disse almal ge-paar met vonkel-wyne van alle uithoeke van die wereld.

1. Ons word welkom geheet met 'n 2012 Simonsig Kaapse Vonkel Brut Rose
2. Dan oesters en 'n Franse Nicolas Feuillatte Brut Reserve NV
3. Die Peer, neute en kaas slaai word geniet met die Italiaanse Prosecco DOC Astoria en 2010 Wildekrans MCC
4. Ons geniet 'n verskeidenheid salamis en kase saam met die Spaanse 2011 Raventosi Blanc de Nit en 'n Woolworths Pinot Noir Rose NV
5. Tortelli Alla Ferrarese word volgende geniet met 2008 Jansz (van Tasmania) en 'n JC le Roux Brut NV
6. Die Pana Cotta nagereg word bedien met JC le Roux la Valle en 'n MCC van Colmant