Thursday, March 27, 2014

Henk se wynwinkel

Dit was 'n trotse oomblik vir Hendrik en Hetta om te sien hoe Henk 'n uitstekende wynproe aanbied oor "block-buster" Shiraz wyne. Ander volwasse kinders van die wynklub-lede was by om die aand te geniet. Die wyne wat ons in drie flights van drie proe is as volg:
1. Arendsig 2012 - Liqueries en swart vrugte
2. Dunstone 2012 - gesnyde vars kruie (basil?). Goeie tanien struktuur.
3. Rijks 2008 - Duidelike vrug-gedrewe  wyn met baie karakter op die middel pallet
4. Reynecke 2012 - Vrugte-koek, naeltjies en mooi taniene
5. Boschkloof 2011 - Suiglekkers, rokerig, met 'n vars mondgevoel.
6. Saint-Joseph L'Amarybelle 2010 - Skoon, klassieke wyne. Fennel en soet hout.
7. Eagle Nest 2010 - Perdesweet-Shiraz karakter. "Yummy" op die mond.
8. SIHNN 2011 - Kersies en brandewyn met baie struktuur, tog goed gebalanseerd
9. Mullineux 2011 - Kruie, tabak en vrugte met 'n volmond belewenis.
Daarna geniet ons besonderse Pizza wat in die winkel gebak word. Ons kinders het goed geleer.

Sunday, March 2, 2014

Valentynsproe

Soos wat nou al tradisie geword het, kom ons weer bymekaar vir die jaarlikse Valentyns-proe. Marlene en CN het 'n proe uit die boonste rakke saamgestel: Die lekkerste disse almal ge-paar met vonkel-wyne van alle uithoeke van die wereld.

1. Ons word welkom geheet met 'n 2012 Simonsig Kaapse Vonkel Brut Rose
2. Dan oesters en 'n Franse Nicolas Feuillatte Brut Reserve NV
3. Die Peer, neute en kaas slaai word geniet met die Italiaanse Prosecco DOC Astoria en 2010 Wildekrans MCC
4. Ons geniet 'n verskeidenheid salamis en kase saam met die Spaanse 2011 Raventosi Blanc de Nit en 'n Woolworths Pinot Noir Rose NV
5. Tortelli Alla Ferrarese word volgende geniet met 2008 Jansz (van Tasmania) en 'n JC le Roux Brut NV
6. Die Pana Cotta nagereg word bedien met JC le Roux la Valle en 'n MCC van Colmant 

Friday, February 14, 2014

Boschendal afskop

Die jaar skop met 'n hoogtepunt piekniek ete af by Boschendal.

Sunday, January 19, 2014

Afsluiting-ete by Nederberg


Die jaar-afsluiting word gehou by Nederburg waar ons die nuwe spesiale uitgawe van Nederburg se wyne saam met kos geniet. Die reeks wyne gee eer aan die mense wat Nederburg op die Map gesit het.

The young Airhawk - Wooded Sauvignon Blanc
The Anchorman - Chenin Blanc
The beautiful Lady - Gewurztraminer
The brew Master - Bordeaux blend
The motorcycle Marvel - Rhone-style blend

Ons geniet die stylvolle, tog eerlike kos wat heerlik met die wyn saamwerk om die aand spesiaal te maak.

De Morgenzon

Ons word betower deur die magic van De Morgenzon. Die wingerde wat met barok-musiek aangemoedig word om spesiale wyne te produseer, doen dit ook. Na 'n kort wandeling op die landgoed geniet ons die wyne in 'n spesiale proe-omgewing. Daarna sluit ons die aand af by Barrique restuarant waar die wyne met kos geniet word.

Thursday, September 12, 2013

Terroir wenners

Ons word voorgestel aan tien van die beste wyne op die onlangse 2013 Novare SA Terroir Wine Award. Ons gas is Marius Labuschagne, bekende wyn-skrywer, maar ook die persoon agter die Terroir Wine Awards. Die doel van die kompetisie is om egte Suid Afrikaanse karakter in wyne te beloon.

Ons proe die volgende wyne blind:
1. 2012 Kranskop Viognier
2. 2013 Diemersdal (Eight Rows) Sauvignon Blanc
3. 2011 Hermanuspietersfontein De Bartho (Witwyn versnit)
4. 2009 De Wetshof Bateleur Chardonnay
5. 2010 Diemersfontein Carpe Diem Malbec
6. 2010 Morgenster (Rooiwyn versnit)
7. 2008 Nelson Estate Cabernet Merlot Blend
8. 2011 Bon Courage Inkara Cabernet Sauvignon
9. 2010 Anura Pinotage Reserve
10 2003 Bergsig LBV

Saturday, August 10, 2013

Riebeeck Kasteel Wegnaweek

Ons geniet twee dae in Riebeek Kasteel. Daar word saamgeproe, saamgesels en saamge-eet. Die volgende plekke word besoek:

1. Wynproe by Lammershoek
2. Wynproe by Kloovenburg
3. Wynproe by Mullineux
4. Ligte middag-ete by Churchills
5. Aand-ete by Cafe Felix
6. Verblyf by Churchills

Aan die einde van die naweek vertrek ons na 'n lekker ontbyt met wonderlike herhinderinge en meer kennis van hierdie, dikwels onbekende wynstreek.