Monday, May 21, 2012

Vertikale Cabernet Proe

Hendrik bied 'n vertikale wynproe aan van Cabernet Sauvignon wat oor drie dekades strek... met een "wild card". Die wyne wat geproe word is:
1. KWV 1988
2. Louisvale 1995
3. Uitkyk 1998
4. Fisantekraal 2005
5. Ilka 2006
6. Boekenhoutskloof ChocBlock 2010
Die aand word afgesluit met Nachos en Bruschetta's

Saturday, April 21, 2012

Johan Joubert van Kleine Zalze

Ons is bevoorreg om die wyne van Kleine Zalze te geniet aangebied deur Cape Guild Winemaker, Johan Joubert. Johan is een van die voorste wynmakers in die land (jongste wynmaker wat die Jan Smuts trofee verower het, en internasionale wynmaker van die jaar in 2001 (Rober Mondavi trofee). Sy wyne by Kleine Zalze het verskeie pryse gewen (mees onlangs vyf ster Platter).

Ons proe die volgende wyne:
1. Chenin Blanc 2012 - Tropiese vrugte, vars in die mond
2. Chenin Blanc Vineyard Select 2011 - Neut en vrugte, volmond smaak wat goed ontwikkel
3. Chenin Blanc Vineyard Select 2008 - Helder geel, Conjac karakter, kompleksiteit wat ontwikkel in die mond.
4. Sauvignon Blanc 2012 - Spanspek, appelliefie
5. Sauvignon Blanc Cellar Selection 2011 - Groen tint, vars vrugte (sitrus)
6. Sauvignon Blanc Family Reserve 2010 - Komplekse neus (aspersies), bottel-veroudering, fyn vrugte en suur goed gebalanseerd
7. SMV Vineyard Selection 2010 - Rooi vrugte en mocca - aangename wyn
8. Shiraz Vineyard Selection 2009 - Warm vrugte en leer, wonderlike mond-ontwikkeling
9. Shiraz Family Reserve 2007 - Ryk vrugte en speserye, "chewy" en volmond, 'n meesterstuk
10. Cabernet Sauvignon Cellar Selection 2010 - Cassis en vrugte met ferm tanniene
11. Cabernet Sauvignon Vinyard Selection 2009 - Warm karamel en sederhout, bessies, aantreklik in mond
12. Cabernet Sauvignon Family Reserve 2007 - Rooi met effense bruin rand, uiters komplekse aards met ryk bessies, baie goed gedefinieerde struktuur

Saturday, March 31, 2012

Wyne van onbekende lande

Hannes en Annelie stel ons bekend aan lande wat mens nie gewoonlik wyn van drink nie. Die vreemde wyne word ondersoek (en partykeer geniet), terwyl ons baie leer. Die aand word afgesluit met Kerrie en Rys.
Wyne van vier lande word geproe:
Switserland
1. Le Melomane (Riesling, Sylvaner en Pinot Blanc) - Sagte, blom-gegeurde wyn
2. Gottfried Keller Zurcher Klevner (Pinot Noir) - Teleurstellend
Morocco
1. Cuvee Premiere du President (Faranah en Clairette) - Sitrus en bloeisels
2. Domaine Ouled Thaleb de Siroua Syrah 2008 - 'n Baie billike Shiraz
Urugauy
1. By gebrek aan 'n wit wyn proe ons 'n uitstekende Chileense Chardonnay: Errazuriz Wild Ferment 2010
2. Don Pascual Reserve Tannat - Goeie voorbeeld van 'n moeilike wyn
Georgia
1. Pheasant's Tears Rkatsiteli (Rkatsiteli) - Baie vreemde kultivar, donker goud, baie droog, moeilik om te verstaan en waardeer
2. Satrapezo Saperavi (Saperavi) - Uit die Kakheti wynstreek. Baie aardse en komplekse wyn. Duidelik 'n goed gemaakte wyn maar baie ongbekend op die pallet.

MCC en Champagne Proe

Sam en Isobel het 'n voortreflike Valentine proe aangebied in 2007 en ons het nie gedink hulle kan daarop verbeter nie. Hierdie jaar word ons op MCC en Champagne's getrakteer met Sushi, Salm, Garnale en Aarbeie. Dit was waarlik 'n nuwe Valentine hoogtepunt. Die wyne wat geproe is, was die volgende:
1. Pongracz - pynappel en baie vrugte op die neus
2. Moet Chandon non vintage - Goeie balans en sitrus karakter
3. Jacques Bruére Blanc de Blanc - Fluweel neus, sitrus
4. Groot Constantia (Clos André) - Rosyntjies met goeie struktuur
5. Woolworths French Rosé  (Contessa Alexia) - Baie vars met appels en bessies op die neus
6. Graham Beck Rosé - Pomelo karakter
7. Moet Chandon (Rosé Imperial) - Vars met vrugte. Romerige "moose".

Friday, March 23, 2012

Babylonstoren afskop

Die jaar word afgeskop met 'n toer deur die groente-tuine van Babylonstoren. Daarna word die wynkelder besoek vir 'n kort proe.

Die geleentheid word afgesluit met 'n middag-ete met die vars bestandele wat op die plaas gegroei word en die plaaslike wyne.

Afsluiting: Jordan Wyne

Ons geniet 'n wonderlike program aangebied op hierdie besonderse plaaas. Die weer speel saam om vir ons die mooiste sonsondergang op die Stellenbosche berge te skilder.

Die aand begin met 'n kort wynproe en 'n toer deur die kelder. Ons leer van hoe die plaas omvorm is tot 'n werklike familie-plaas met bekende wyne wat oor die hele aardbol geniet word.

Daarna sit ons aan vir 'n vyfgang maal, uitstekend voorberei met wyne van die omgewing gepaar. Ons sluit 'n besonderse jaar af met vriende, goeie kos en wyn.

Wednesday, October 19, 2011

Durbanville Sauvignon's

Een van die fantastiese voordele van die wynklub is die blootstelling wat ons kry aan die beste wynmakers in die land. Hierdie wynproe word aangebied deur Riaan Oosthuizen - een van die kenners van hierdie kultivar en spesifiek hoe dit gestalte kry in Durbanville. Ons word trakteer op uitstekende wyne met al die feite en stories agter elke wyn:

1. Durbanville Hills 2011 - Ingemaakte vye met goeie suur
2. De Vallei 2011 - Sitrus vrugte omring deur goeie struktuur
3. Nitida 2011 - Sitrus en appeliefie wat lekker ontwikkel in die mond: sag en suur
4. Altydgedacht 2011 - Effe goud met groen rissies
5. Skaap 2011 - Elegant met tropiese vrugte
6. Klein Roosboom 2010 - Aspersie en roosblare: komplekse karakter
7. De Vallei Sur Lie 2010 Rokerige karakter - middel pallet
8. Nomada 2010 - Aspersie, appeliefie en vrugte: 'n kragtoer
9. Nomada 2009 - Grasagtig en grafiet: Goeie ingang
10. Nomada 2007 - Peatiness (soos op whiskey) met sagte struktuur